Lewis, een van die wêreld se toonaangewende inspirerende sprekers, maritieme regsgeleerde, pionierswemmer en die Verenigde Nasies se beskermheer van die oseane, het sowat twee weke gelede ’n onverwagte en ernstige terugslag beleef.

Hy bestempel dit as ’n bisarre voorval waartydens hy ’n werwel in sy rug verskuif het. Dit moes ’n groot skok gewees het vir die man wat in 2014 Seven Swims in the Seven Seas for 1 Reason die Middellandse See, Adriatiese See, Egeïese See, Swartsee, Rooisee, Arabiese See en die Noordsee – swem om bewustheid oor besoedeling en die kwynende vis- en seelewe te skep.
In 2015 het Lewis Pugh in die Baai van Walvisse, Antarktika, met kragtige hale onder onmenslike en ysige toestande geswem as deel van sy 5 Swims-ekspedisie. Dié baai, geleë in die Ross-see in die Antarktiese oseaan, is die suidelikste punt waar ’n mens kan swem. Dit is onmoontlik om enigsins verder suid op ons planeet te swem.

A photo posted by Epic Road (@epicroad) on

Maar toe gryp die noodlot sowat twee weke gelede in.

“Ek was nie juis besig om iets te doen toe dit gebeur het nie,” het die man wat ook die

“Edmund Hillary van swem” genoem word, gesê.

Spoedig het sake lelik skeef begin loop.

“Ek het krag en gevoel in my regterbeen begin verloor.”

’n Mediese ondersoek het gedui op die moontlikheid dat die besering van ’n permanente aard mag wees. Op aanbeveling van sy neurochirurg, die wêreldbekende dr Melvill, moes Lewis noodgewonge Vrydag onder die mes deurloop.

Tydens die operasie is daar drie groot stukke werwel gevind wat styf teen Lewis se rugstring vasgedruk was. Die stukke moes verwyder word.

Genadiglik het die prosedure seepglad verloop, sonder enige bloeding of infeksie. Na ’n week in die hospitaal, is Lewis huistoe gestuur vir ses weke se bedrus. Of die energieke man dit gaan regkry, is natuurlik nie seker nie.

Maar sy besondere nuwe vierpotige vriend, sélf ’n bekroonde pryswenner in eie reg, mag dalk net die regte medisyne wees.

En gedoriewaar, sy naam is ook Lewis! Hy behoort aan dr. Melvill en sy agtergrond is net so merkwaardig as die menslike Lewis-weergawe!

[caption id="attachment_127231" align="aligncenter" width="600"]Lewis ontmoet vir Lewis. Agter staan Lewis, die Husky, se eienaar: Dr. Melvill. Foto geneem deur Michael Walker. Lewis ontmoet vir Lewis. Agter staan Lewis, die Husky, se eienaar: Dr. Melvill. Foto geneem deur Michael Walker.[/caption]

As ’n klein hondjie was Lewis baie siek. Die veearts het hom weldra as ’n “swemmer” beskryf omdat hy op sy magie gelê het en net sy voor- en agterpote kon beweeg. Van opstaan was daar geen sprake nie want hy het die krag daartoe ontbreek.

Sy eienaars is aangeraai om hom eerder die genadedood toe te dien, maar Merle Melvill wou net mooi niks daarvan hoor nie.

Sy’t hom terstond Lewis gedoop en vir die eerste paar maande van sy lewe oral gedra waar hy moes wees. Dit was 24/7-toewyding en danksy al die liefde en versorging staan ’n dapper Lewis deesdae al vier sy pote, en meer, vol!

Dr. Melvill (75) het besef die menslike ysbeer het ’n bietjie aanmoediging nodig en so het Lewis en Lewis bymekaar gekom.

“Lewis het dadelik bo-op my gespring! Dit was wonderlik,” sê Lewis.

“Niks verhelder jou gemoed so goed soos diere nie. Hulle het ’n genesende effek, veral wanneer jy hulle kan vashou en streel.”

Dit lyk boonop asof die twee deesdae onafskeidbaar is. Lewis se vrou, Antoinette, het hierdie foto geneem. lewis antoinette Maar hoe lyk Lewis se swempad vorentoe? “Dr. Melvill het my belowe hy gaan my weer gesond genoeg kry om te kan swem.” “Ek droom daarvan om terug te keer na Antarktika waar ek met met die walvisse kan swem. En kan luister na die klank van ysberge en pikkewyne sien speel op die strande. En natuurlik hoop ek ook om die onderhandeline met Rusland rondom die beskerming van die Ross-see verder te voer.”

Rusland, wees voorbereid, want ’n man wat hierdie onmenslike toestande in bloot net ’n Speedo aandurf, gaan nie maklik bes gee nie!

En die ander Lewis?

“So gou as wat ek gereed is, gaan ek Lewis vir ’n swem vat om vir hom dankie te sê!”

Ook op Huisgenoot.com

Lewis Pugh: Dis tyd om ballonne af te blaas

Kyk: China het dalk die antwoord op verkeersknope!

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Aktrise ‘vind haarself’ op die spoor van Bybelse gebeure

Kyk: Die dag toe Minki van der Westhuizen Anneline Kriel ‘geword’ het . . .

EKSKLUSIEF! Karen Zoid se liedjie spesiaal vir Huisgenoot en vir jóú!