As jong meisie sou sy nooit kon droom sy sou eendag op die mej. Suid-Afrika-verhoog staan nie, maar meer as ’n jaar nadat sy haar reis begin het, is Marciel Hopkins (23) besig om haar stempel op die modewêreld af te druk. Sy het toe 14 kg in vier maande verloor om “bikini-gereed” te wees vir die skoonheidskompetisie.

Maar ses maande ná Mej. Suid-Afrika is Marciel terug in haar eie vorm en is sy gemakliker as ooit in haar no. 14-jeans.

[caption id="attachment_136392" align="alignnone" width="600"]Marciel sê sy voel gemakliker in haar nommer 14-jeans. FOTO: Marc Hayden Marciel sê sy voel gemakliker in haar nommer 14-jeans. FOTO: Marc Hayden[/caption]
Sy het nie baie tyd gehad om te voldoen aan die bikini-standaarde nie, maar dit het haar nie gekeer nie. In April het sy saam met ’n persoonlike afrigter begin oefen en haar dieet “drasties aangepas.” Dit was uit met haar sosiale lewe en in met twee ure van oefening per dag. Oor naweke het sy net een uur aan oefening spandeer.

Sy het op ’n plaas net buite Franschhoek grootgeword en op 13 het sy met haar gesin Paarl toe getrek. Hier het sy middae boomgeklim en met die plaasdiere gespeel, vertel sy.

“Ek het nooit die Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie gevolg nie,” erken sy. Maar in Augustus verlede jaar, vyf maande voor die kompetisie se eerste uitdunronde, het sy besluit sy het ’n nuwe uitdaging nodig.

Lees ook: Voormalige Mej. Suid-Afrika verras met ’n besonderse geheime talent “Ek was nog altyd passievol oor mooi lyk en mooi voel,” verduidelik Marciel. “Ek dink dit is ’n wonderlike vorm van kreatiewe uitdrukking om jouself in verskillende style en karakters te kan transformeer.” Sy het immers drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer! Sy sê party mense was natuurlik skepties en het gedink sy gaan net deur ’n fase wat sal oorwaai, maar mettertyd het sy hulle verkeerd bewys toe die resultate begin merkbaar word. Haar ma, Annaline, was van die begin af haar grootste ondersteuner. “Sy het van die begin af die droom saam met my gesien,” vertel Marciel. Haar pa, Charles, is die wynmaker by De Grendel-wynplaas in Plattekloof.

Die blouoog-skoonheid het geweet hierdie leefstyl gaan nie op die duur volhoubaar wees nie – net ’n professionele atleet sal by so ’n strawwe oefenprogram kan hou.

En nou, ses maande ná die skoonheidskompetisie, vertel sy sy het nie curve modelling gekies nie, dit het háár gekies. “My liggaam het nog altyd natuurlike kurwes gehad wat my in staat stel om met ’n volhoubare leefstyl ’n curve-model te wees,” verduidelik sy.

[caption id="attachment_136395" align="alignnone" width="601"]Curve modelwerk het háár gekies, meen Marciel. FOTO: Marnus Meyer Curve modelwerk het háár gekies, meen Marciel. FOTO: Marnus Meyer[/caption]

Maar mense moet haar nie sommer verkeerd verstaan nie. Sy was nooit ongelukkig tydens die kompetisie nie.

“Ek het ’n spesifieke doelwit nagejaag en geweet daar gaan groot opofferings met my besluit gepaard,” sê sy. “Ek was nooit hartseer of mismoedig omdat ek so hard moes oefen en werk nie, want ek het geweet daar is ’n groter prentjie wat ek ingedagte moes hou.”

Noudat sy nie meer die druk van ’n kompetisie ervaar nie, voel sy meer gemaklik oor haar lyf. “Ek laat my nie meer voorskryf deur die reëls van ’n kompetisie nie,” sê sy vol selfvertroue.

[caption id="attachment_136396" align="alignnone" width="601"]FOTO: Marnus Meyer FOTO: Marnus Meyer[/caption]

[caption id="attachment_136402" align="alignnone" width="600"]Foto: Polaroid-foto van Ice Genetics Foto: Polaroid-foto van Ice Genetics[/caption]

Marciel wil elke vrou inspireer om haar liggaam in sy natuurlike vorm te aanvaar. Om gesond te wees beteken nie noodwendig om ’n grootte 10 of 12 te wees nie, sê sy. Dit beteken bloot om die gesondste weergawe van jouself te wees.

Deesdae geniet sy haar glasie sjampanje en drink weer heuning in haar tee, sê sy met ’n glimlag. Dan sê sy: “Nou kan ek net ek wees en dit is ’n ongelooflike bevrydende gevoel!”

[caption id="attachment_136397" align="alignnone" width="600"]FOTO: Jana Engelbrecht FOTO: Jana Engelbrecht[/caption]

Dit is duidelik dat sy gelukkig en gemaklik is – en hoe dan anders as sy ’n model is by een van Kaapstad se bekendste modelagentskappe, Ice Genetics?

Die agentskap hanteer haar portefeulje en stuur haar foto’s na agentskappe oorsee.

Marciel het onlangs met agentskappe in Londen en Duitsland kontrakte gesluit en nou wil sy nóg ’n droom bewaarheid.

“My droom is om oor twee jaar New York toe te gaan,” vertel sy.

Vir Marciel was Mej. Suid-Afrika nooit die einde nie; dit was net haar begin.