“Jy mag nie met meisies praat nie,” lui een van die reëls. “Geen dwelms – ek sal met jou terugkeer jou urine laat toets,” lui nog een. “Geen tatoes. Ek sal selfs jou tollie nagaan daarvoor. As dit nie my naam is nie, moenie eens daaraan dink nie.”

rules 1

rules 2
Jane, wat toevallig ook Brittanje se jongste Lotto-wenner is (sy het in 2012 die boerpot van £1miljoen gewen) het die lysie op haar Facebook- en Twitter-blad gedeel. “Psycho Jane maak weer so,” het sy daarby geskryf.
rules 3
“Ek is vir ses dae in Ibiza en my meisie het hiermee vorendag gekom. Is dit psycho of psycho?” het haar kêrel aan sy 1 200 volgers gevra.