Phil Lyndon (52) van Brittanje het ’n paar dae lank ’n vreemde hoes gehad.

Hy het verlede week dokter toe gegaan waar hulle vir hom ’n antibiotikum voorgeskryf het. Die volgende dag het hy die bruin gogga uitgehoes en kon nie glo dat dit nog aan die beweeg was nie.

Kenners meen dis ’n kokerjuffer, wat waarskynlik ingekruip het terwyl Phil aan die slaap was.

Dokters het dadelik daarna sy longe en bloed getoets vir ontsteking, maar gelukkig is Phil dit darem gespaar.

Bronne: Daily Mirror, Daily Record