’n Man van Roanoke in die Amerikaanse deelstaat Virginië het besluit tot hiertoe en nie verder nie toe sy jare lange meisie hom voor die keuse stel: ek of jou hond.

Hy besluit toe maar gedweë om ’n gratis advertensie aanlyn te plaas.

Die advertensie op Craigslist, getiteld “Free to any willing home” adverteer egter nie wat mens sou dink nie.

Hoewel dit woorde soos “purebred” en “I have to rehome her” bevat, is dit nie vir sy geliefde beagle nie.

Eerder het die man die advertensie vir sy meisie geplaas. “Sy kom uit ’n goeie gebied. Sy het lang hare en verg so ’n bietjie baie onderhoud, veral haar naels,” beskryf hy haar.

Die man erken verder hoewel hy “haar al vier jaar het,” sy “heelaand wakker bly en blaf, maar slaap terwyl ek werk”.

“Sy eet net die beste, duurste kos en sal jou NOOIT by die deur groet ná ’n lang dag nie.”

Hy sluit af: “Kom kry haar! Ek en my hond wil haar ’n nuwe huis gee, so gou moontlik!”

Sjoe. Duidelik was die keuse tussen sy beagle en sy meisie vir hierdie man glad nie moeilik nie.

craigslist ad

Bronne: Daily Mail, Mirror