Daar is nou ’n vae ooreenkoms tussen die 23-jarige grimeerkunstenaar van Birmingham, Engeland, en die werklikheidster, maar dit kom hom duur te staan. Hy erken hy kan nie meer sy gesig beweeg nie en dat sy lippe lek. “Die vulstof lek soms uit aan die kante,” het hy op E!Entertainment se Botched erken.

'Dis alles pret en plesier tot jou lippe afval en dan sit jy met ’n yslike, onomkeerbare probleem,' het dr. Terry Dubrow van Botched hom gewaarsku.

“Dit is nogal skrikwekkend. Hulle moet herstel word. Ek vrees as hulle aanhou lek, sal ek naderhand weer klein lippies hê en dit sal nie die ware ek wees nie. My lippe het regtig my persoonlikheid verander en sonder hulle sal ek tog o so normaal en vervelig wees.”

Jordan het vertel dat hy op 21 lipvulstowwe gekry het toe hy wou hê sy lippe moes so natuurlik moontlik lyk, maar hulle het net ál groter geword.

“Dis alles pret en plesier tot jou lippe afval en dan sit jy met ’n yslike, onomkeerbare probleem,” het dr. Terry Dubrow van Botched hom gewaarsku.

Maar Jordan, wat ook al aan sy neus laat werk, tatoes aan sy wenkbroue laat aanbring het, laser-haarverwydering laat doen en botoks-inspuitings gekry het, het net sy skouers opgehaal en gesê: “Party van ons hou daarvan om soos ’n namaaksel te lyk en ander hou daarvan om natuurlik te lyk.”

“Laat die natuurlike mense natuurlik bly, en laat die nagemaakte mense namaaksels wees.”

Ekstra bronne: MailOnline, Metro.co.uk