Valery Smagliy, 58, van Kiev gaan sy wimpers binnekort amptelik laat meet vir ’n Guinness Wêreldrekord voordat hy die skêr gaan inspan. Valery hou vol sy ongelooflike lang wimpers is te danke aan ’n spesiale kossoort. Hy weier egter om sy geheim te verklap met die moontlike oog op bemarking daarvan.

Hy beweer dat hy baie aandag, veral van vrouens, geniet vanweë die wimpers. “Vrouens sal my voorkeer in die straat en uitvra oor my geheim, want hulle kan sien dis eg,” vertel Valery.

“Maar in alle eerlikehid raak hulle nou te swaar en my ooglede raak seer. En dis ook baie moeilik om te sien met die lang wimpers.”

’n Onlangse studie van Guillermo Amador van die George W. Woodruff Skool van Meganiese Ingenieurswese in Georgia, het bevind dat die ideale wimperlengte vir soogdiere een derde van die lengte van die oog is. Enige lengte korter of langer kan skadelik wees vir die oog.

“Wanneer wimpers korter as die een derde-reël is, verhoog hulle die hoeveelheid lug wat na die oog gaan. Die risiko van langer wimpers is egter baie groter omdat hulle dan meer lug en stofdeeltjies in die oog laat gaan,” het Guillermo gesê.

Bronne: Twitter, Daily Mail, Daily Mirror, esciencenews.com