Jennifer Lawrence het haar titel as die wêreld se bes betaalde aktrise behou. Die 26-jarige ster van The Hunger Games het van Junie verlede tot vanjaar voor belastingaftrekkings ’n geskatte R621 biljoen verdien.

DwayneJenniferMAIN

Dit plaas haar boaan die lys wat deur die Amerikaanse tydskrif Forbes opgestel is.

Intussen het The Rock vir Iron Man vervang as die bes betaalde akteur ter wêreld. Volgens Forbes het Dwayne Johnson vir Robert Downey jr. hakskene gewys en is hy nou die gewildste kêrel in Hollywood.

Die afgelope jaar het ons Jennifer gesien in The Hunger Games: Mockingjay – Part 2, die slotaflewering van die filmreeks wat van haar ’n Hollywood-superster gemaak het. Boonop is sy vir haar rol in David O. Russel se Joy benoem vir ’n Oscar as beste aktrise en sy het as Mystique verskyn in die superheldopvolgfliek X-Men: Apocalypse.

Die voormalige stoeier het die afgelope jaar ’n indrukwekkende R911 miljoen ingeoes vir sy rolle in die Fast & Furious-fliekreeks, San Andreas en Central Intelligence. Dis meer as genoeg om die bopunt van die lys van die nuutste rykes te haal. Sy inkomste was byna twee keer so hoog soos die vorige jaar.

Hoewel Jennifer ’n tweede keer no. 1 is op die jaarlikse Forbes-lys, het haar inkomste gedaal. Dis ook heelwat minder as die som wat Dwayne huis toe geneem het.

Dwayne het onlangs getwiet: “Wil twee dinge hieromtrent sê: Ek het met R99 begin. As ek kan oorwin, kan jy ook.”

Die Ghostbusters-aktrise Melissa McCarthy is in die tweede plek op die vroulike ranglys met haar verdienste van R447 miljoen, en Scarlett Johansson derde met R338 miljoen.

Jennifer Aniston het R284 miljoen gekry. Dit sluit in geld wat sy ontvang het uit ooreenkomste met die top-lugredery Emirates, die Smartwater-koeldrankhandelsmerk, die Aveeno-velsorgreeks en Living Proof-sjampoe.

Die Chinese aktrise Fan Bingbing het dieselfde bedrag in die bank deponeer. Charlize Theron, Amy Adams, Julia Roberts, Mila Kunis en die Bollywood-ster Deepika Padukone val ook onder die top-10.

Onder die manlikse sterre is Jackie Chan tweede op die nuwe Forbes-lys met ’n geraamde R860 miljoen, terwyl Tom Cruise en Johnny Depp, wat gereeld die lys haal, onderskeidelik R749 miljoen en R678 miljoen in hul sak gesteek het.

Volgende jaar gaan Johnny dalk nie so gelukkig wees nie – kragtens ’n skikkingsooreenkoms met Amber Heard, met wie hy 15 maande getroud was, moet hy haar sowat R95 miljoen gee.

Robert, wat verlede jaar tops was, is nou saam met die Bollywood-superster Shah Rukh Khan in die agtste plek (R466 miljoen). Dit lyk of The Rock die lys nog lank gaan oorheers, want hy het groot rolle in die nuwe aflewering van Baywatch en Jumanji en ’n voortgesette rol in die Fast & Furious-rolprente. In Fast 8 hervat hy sy rol regeringsagent Luke Hobbs vir die vierde keer.

© Cover Media