Gereelde waarnemers is glo “baie ontsteld” dat die dier nie onlangs opgemerk is nie en bekommerd oor waarheen die gedierte kon verdwyn het, al meen baie mense die onbekende dierspesie is net ’n mite.

Gary Campbell, wat rekord hou van waarnemings, sê Nessie is maande lank nie gesien nie. Hy het aan BBC News gesê: “Dis baie ontstellende nuus en ons weet nie waarheen sy gegaan het nie.

“Die aantal waarnemings het sedert die eeuwending afgeneem, maar dit is die eerste keer in amper 90 jaar dat Nessie glad nie gesien is nie.”

Die eerste berigte van ’n Loch Ness-monster het in November 1933 opgeduik toe ’n man iets afgeneem het wat in die water plas, maar baie mense beweer die waarnemings is vals.