Die liefde is mos blind. ’n Nuwe werklikheidsreeks, Vlerksleep, wat Maandagaand op kykNET begin, gee nuwe betekenis aan dié sêding.

Herman 2
Ou getroudes sal jou vertel as jy met iemand afhaak, is die groter uitdaging eintlik jou maat se familie of vriende wat jy op die koop toe bykry.

In Vlerksleep moet iemand ’n potensiële geliefde op ’n romantiese afspraak neem, nie bloot net op sy of haar voorkoms nie, maar op die soort persoonlikheid wat jy van die mens geskets het deur gesprekke met sy of haar familie en vriende te voer.

Die een wat op soek is na liefde moet boonop nie net een mens se naastes ontmoet nie, maar vier. En in naelbyt-oomblikke hou die kandidaat in ’n ander vertrek op ’n TV dop hoe die ontmoeting gaan.

In Maandagaand se eerste episode gaan kuier ’n vlerksleper, Herman, by twee moontlike pasmaats. Gaan die bikini-model Laetitia, of die borrelende onderwyser, Marlé, Herman se hart steel? Ons sal moet wag en sien, want in die tweede episode, wat op 11 Julie uitgesaai word, is Herman steeds op soek na liefde.

[post-slider]

Hy kuier dan by nog twee moontlike pasmaats se familie en vriende: die blonde Petra en die natuurliefhebber Shelani.

En dan breek die groot oomblik aan as hy sy keuse doen.

Vlerksleep word Maandae van 21:00 tot 21:30 op kykNET uitgesaai.