Whirr, lawaai die rolstoele se wiele terwyl die ryers in volle vaart om die draai jaag. Hulle woerts teen die bult af en skiet volspoed verby ’n volstruiswyfie. Die stomme voël, haar humeur kort en haar bek wawyd oop, flap-flap haar vlerke ontstig en besluit dan om saam te hol.

Toe die hele kaboedel die opdraand voor in die pad pak, is volstruis se kind en Mathys Roets kop aan kop heel voor – die volstruis met bene wat sy hoog optel, Mathys met hande wat sy rolstoelwiele blitsig aanjaag.

Mathys lag van lekkerkry en sy gesig straal van opwinding. Spoed, die wind deur sy hare, die inspanning van oefening, die kameraderie van nuwe vriende . . . dis mos dinge wat die lewe lekker maak.

Probleme en onsekerhede verstaan hy maar te goed; dit het sy ongeluk hom geleer. Daarom is hy deesdae nie net ’n held agter die mikrofoon nie – hy is ook vir almal ’n inspirasie in sy rolstoel.

“Ek is dankbaar vir wat ek het en vir wat ek kan doen.”

Lees meer oor Mathys se vernaamste lewenslesse wat die laaste jare hom geleer het in Tempo Somer 2011/2012 wat nou op die rak is. 

Volg Huisgenoot op Twitter.