Meer as 400 000 mense het reeds teen Vrydagmiddag daarna gekyk.

In die video word gehoor hoe die kampeerder baie benoud vanuit die binnekant van die tent skree toe die leeu later die tent met sy poot haak en dit probeer plattrek.

Nou wonder almal: Waar kom die video vandaan? Is dit oorspronklike materiaal wat moontlik deur ’n kringtelevisie-sekuriteitskamera vasgelê is? Indien dit die ware Jakob is, waar het hierdie voorval gebeur? Geen aanduiding of nadere besonderhede word saam met die videogreep verskaf nie.

Maar bekyk ’n mens dit van nader, lyk dit asof meer as een kamera gebruik is. Daarom kom die toneel moontlik uit ’n fliek wat later deur ’n tuisredigeerder beetgekry is.

Maar al is die oorsprong van die videogreep nog onseker, word dit flink gedeel terwyl mense lekker lag vir die penarie waarin die kampeerder hom bevind.

Moontlik sal voornemende kampeerders wat dalk hierdie naweek hul tent in 'n wildreservaat gaan opslaan, ook ekstra lig slaap . . .

KYK DIE VIDEO HIER!