OF DIT nou op Kersdag in Parys, by ’n middagete op Arniston of met die inteken by ’n hotel in Damaskus is, oor die wêreld heen wil mense net een ding weet as hulle haar raaksien: “Hoe gaan dit met jou ‘ou mensies’, Matrone?”

Ja, van Frankryk tot in Portugal, Londen en Lady Grey word daar oor haar mensies in die Hillside-ouetehuis uitgevra.

Selfs toe sy jare gelede stil-stil na die Midde-Ooste gereis het, moes matrone Netta Nortjé daar ook behoorlik bontstaan vir foto’s en handtekeninge.

Maar ai, dié ougirl maak haar soms kláár, sug die aktrise Annelize van der Ryst-Hattingh kamtig moeg. Want as 7de Laan se Matrone haar nie met Oubaas en Hilda se huwelik bemoei nie, is sy op die oorlogspad oor die bejaardes se regte.

Maar daar is deesdae ’n sagter kant aan Hillside se Matrone, en een wat dié gesoute aktrise meer as geval. Die vervaardiger Danie Odendaal het Matrone ’n simpatieke oor laat ontwikkel wat die karakter ’n nuwe dimensie

gee, vertel Annelize (63) ingenome.

“Ek hou nie eintlik van komiese rolle nie, maar dis so ’n plesier om saam met Pierre van Pletzen en Annelisa Weiland te werk dat die komedie vanself gebeur,” sê sy.

Lees meer in die Huisgenoot van 17 Maart 2011