Verslankers sluk kleitablette of meng poeierklei in hul sap, wat in die maag tot 12 keer sy oorspronklike volume swel.

“Klei bind aan ander materiale in die liggaam en help jou liggaam daardie materiaal uitskei wat nie noodwendig goed is vir jou nie,” sê Shailene Woodley (22), die ster van Divergent en The Fault in Our Stars. Die aktrise wend haar tot klei wanneer sy haar liggaam wil ontgif.

Die dieet het in Amerika ontstaan en die bedryf is nou sowat R35,8 miljoen werd.

Die klei stil hongerpyne, en aanhangers glo die onverteerbare klei suig gifstowwe op weens sy absorbeervermoë. Sodra die gifstowwe weg is, kan die liggaam kos makliker verteer en meer voedingstowwe opneem.

Zoë Kravitz het blykbaar sowat 9 kg afgeskud van klei eet, ’n gebruik wat geofagie genoem word, vir haar rol in die fliek The Road Within.

Maar die liggaam het sy eie manier van ontgif en ongewenste materiaal verwyder. Dit is die lewer en niere se funksie.

Die klei-reinigingsdieet kan meer skadelik as goed wees; dokters meen dit kan selfs lewensgevaarlik wees. Daar is geen mediese bewyse dat klei gifstowwe uit die liggaam verwyder of tot langtermyn-gewigsverlies lei nie.

Daar is berig dat geofagie dermperforasie en nier- en hartversaking veroorsaak, want die klei die kaliumvlakke in die liggaam versteur.

- Saamgestel deur Megan Bursey

Bronne: dailymail.co.uk, theguardian.com