Die department van omgewingsake het Woensdag gesê al meer mense hou wilde diere as troeteldiere aan. Dié diere word onwettig bekom en aangehou.

Beamptes het op verskeie voorbeelde afgekom waar boere en mense in landelike gebiede wilde diere aanhou, het woordvoerde Dumisa Sehsabela gesê.

Die inspeksies is op plase in die Morokweng, Tosca en Bray gebiede naby Vryburg in Noord-Wes uitgevoer.

“Die doel was om die onwettige handel en besit van wilde diere, veral roofdiere, sonder ’n permit aan bande te lê,” het Seshabela gesê.

Nog ’n man is beboet omdat hy ’n rooikat op sy plaas aanhou.

Die polisie het ’n verkeersversperring uitgevoer om mense se ontmoedig om wilde diere en plante uit hul natuurlike habitat te verwyder. -SAPA