, berig Netwerk24.

Hy het op 5 Junie uit die Karoo- Nasionale Park, net voor Beaufort-Wes, onder deur ’n heining ontsnap. In die 24 dae wat die leeu op vrye voet was, het hy 19 skape, een donkie in die Noord-Kaap en ’n koedoe doodgebyt. Dit blyk ook hy het in dié tyd ’n sirkel van 100?km beweeg.

Sylvester het Maandagaand reeds in die Karoo Nasionale Park deurgebring nadat hy vanuit ’n helikopter met ’n verdowingsmiddel geskiet is en na die park vervoer is.

Die leeu skuil die afgelope twee dae in die Nuweveldberge op Palmietfontein.

Leon Müller, assistentdirekteur van die Noord-Kaapse departement van omgewing en natuurbewaring, het net ná 19:00 Maandag op sosiale media aangekondig dat die leeu gevind is.

“Ek het pas van Nico van der Walt (parkbestuurder van die Karoo- Nasionale Park) die nuus gekry Sylvester is terug in die park met ’n nekband aan,” het hy geskryf.

Sylvester is glo vanuit ’n helikopter met ’n verdowingsmiddel geskiet.

Netwerk24 berig dat Sylvester se rondloper dae het in die stof gebyt toe hy in die berge op ’n lysie in die warm son lê en bak het.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Eskom: Vir eerste keer ooit gee Nersa hom niks

4-ling verras verlamde mamma