Aangejaag deur uiters-sterk winde het die brand vinnig versprei. Brandweerspanne veg onverpoosd voort teen die vlam-muur van vernietiging. Die luukse hotel, Tintswalo Atlantic Lodge, langs Chapmans Piek het na bewering ook afgebrands, bejaardes in die hoë-sorgafdeling van ’n aftree-oord in Noordhoek is na nabygeleë hospitale geneem, terwyl drie ouetehuise in Muizenberg ontruim is. Vier huise is reeds vernietig deur die brand terwyl 40 gesinne ontruim is van die Stonehurst Estate nadat die vlamme naby aan die eiendom gekom het. Verkeer is erg ontwrig met die sluiting van Boyes-rylaan, Ou Kaapse Weg en Chapman’s Peak. Volgens Theo Layne van die Stad Kaapstad se Brand- en Reddingsdienste is daar sowat 300 brandbestryders, meer as 30 voertuie ingespan. Tafelberg Nasionale Park, Working on Fire en vrywillige brandbestrydingsdienste verleen ook steun.

So lyk dit van Houtbaai-hawe
Die tolhek by Chapmans Piek
Vlamme nader Tokai
Daar is deur die nag gewerk
’n Vlammehel by Chapman’s Peak
Onstuitbaar
Helde van die dag
Alles word in die stryd gewerp
Water uit ’n onverwagte oord
Huise onder bedreiging
Steenberg
Erkenning vir die dapper manne en vroue, inwoners van bedreigde gebiede
Die wind dryf genadeloos voort, kortwiek proses
Chapman’s Peak
Bo die vlootbasis

Bronne: EWN, News24