Die baba was saam met haar ma en agtjarige broer in hulle wit Toyota Yaris toe twee gewapende mans hulle omstreeks 11:45 by die City View-winkelsentrum gekaap het. Die mans het op die motorsleutels aangedring voor hulle met die motor, met die babatjie binne-in, vort is.

Lt-kol Thulani Zwane het Saterdagoggend ’n beroep gedoen op enigiemand wat die voorval gesien het, om die polisie te kontak.

Die motor is intussen gevind, maar sonder die babatjie.

“Die ouers is baie bekommerd en ons het gister vir hulle berading gereël,” het hy gesê.

Sedertien die nuus van die baba se verdwyning bekend geraak het, het dit hoogty in die sosiale media gevier met #HelpFindDurbanBaby en die boodskap kring steeds wyer uit. Die dogtertjie, wie se naam luidens berigte Siwaphiwe is, het net ’n frokkie en doek aangehad toe die voorval gebeur het. ’n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en alle beskikbare polisiehulpbronne, onder meer snuffelhonde, word ingespan. Polisie doen ’n beroep op mense met inligting oor die voorval om die Stop Misdaadlyn te bel by 08600 10111 of die naaste polisiekantoor te kontak.

Twitter se reaksie