In ’n stap wat beskryf word as die “laaste gooi van die dobbelsteen” om agter die kap van die byl te kom oor wat amper ’n dekade gelede met klein Madeleine McCann gebeur het, het Britse wetstoepassers ’n bykomende R1,3 miljoen (£85 000) bewillig om die ondersoek tot in September voort te sit.

Maddie (soos sy liefderik genoem is) het in Mei 2007 as driejarige vermis geraak terwyl sy in Praia da Luz, Portugal, saam met haar ouers, Kate en Gerry, vakansie gehou het.

Haar verdwyning uit haar kamer terwyl hulle by ’n restaurant daar naby uitgeëet het, verbyster en boei die publiek sedertdien.

Volgens gerugte is die polisie op die spoor van ’n voormalige werker by die Ocean Club-oord waar die McCanns gebly het, want die Portugese man het dalk deurslaggewende inligting wat die raaisel agter die blonde meisie se verdwyning kan oplos.

“Hulle gee nie te kenne hy het Maddie gesteel nie, maar hy ken dalk mense wat betrokke kon gewees het,” het ’n Portugese polisieman glo gesê.

Maar die Britse polisie is doodstil oor die nuwe leidraad en ’n woordverder het bloot geantwoord die ondersoek deur ’n spesialisspan ondersoekers by Scotland Yard – wat as Operation Grange bekendstaan – “stoom” voort.

“Die Operation Grange-span is nie bereid om enige ondersoekrigtings te bespreek terwyl die ondersoek voortduur nie.”

Die McCanns is uiters dankbaar vir die ekstra tyd en geld wat aan die Scotland Yard-ondersoekers bewillig is, het ’n bron na aan die egpaar gesê.

Dit volg te midde van kritiek dat tyd en hulpbronne in die soektog na Maddie vermors word: “Hulle het nooit hoop laat vaar om uit te vind wat met Madeleine gebeur het nie en glo steeds sy kan nog lewe.”

. It is truly and utterly not fair that any child has been kidnapped, stolen away from their families. It's not right that someone can just snatch a child away from their family. It's utterly disgusting. You may not think of the pain that thousands of families go through everyday, just missing their loved one. It's terrible, people don't really think that it can happen to anyone. Imagine if Madeleine was your little girl, you would try everything to get her back. . Madeleine was kidnapped on May 3, 2007. Nine days before her fourth birthday. Since the anniversary of her kidnapping is coming up, it would really help if everyone could post a picture of her. To show your support for Madeleine, and Madeleine's family. Eight years is way to long, and media is a huge factor in finding a missing child, so posting a picture for even more people to see and know she is missing, can help so much! Please post a picture for Madeleine! We love and miss you Madeleine! .

A post shared by Madeleine McCann (@findmaddyy) on

Terwyl die tiende herdenking van Madeleine se onopgeloste verdwyning nader kruip, beloop die koste om die tiener op te spoor reeds sowat R208 miljoen (£13 miljoen). Verlede jaar is die Operation Grange-span tot net vier ondersoekers besnoei, maar die grootte en omvang van die ondersoek sal tot tyd en wyl onveranderd bly.

“Die ondersoek is nog nie afgehandel nie. Daar is steeds gefokuste ondersoekrigtings om na te volg. Daar is in dié stadium geen onmiddellike planne om personeelgetalle verder te verklein nie,” het ’n woordvoerder gesê oor oproepe dat die soektog na Maddie afgelas moet word.

BRONNE: thesun.co.uk; mirror.co.uk