Wat hy daar ervaar het, het hom en sy meisie, Roxanne Wessels, aangespoor om op Facebook vir hulp en ondersteuning uit die gemeenskap te vra.

Die slagoffer van die inbraak was die dowe Nobangani Ngubo (75) wat saam met haar dogter, Nontshumayelo Ngubo (38), woon.

Sy is na bewering eers deur die inbrekers geterroriseer en aangerand waarna hulle met haar en haar dogter se karige besittings – hul komberse, klere, hul televisiestel en ’n selfoon – spore gemaak het.

Jeandrê sê hy het besluit om te help, want hierdie was ’n ou mens en “die manier waarop jonger mense haar behandel het, was verkeerd.”

Nobangani het beserings aan haar gesig opgedoen tydens die inbraak en is per ambulans na die Addington-hospitaal geneem.

Haar dogter was by die kerk toe die voorval plaasgevind het. Volgens berigte is haar ma binne hul kamer aangeval en daar was oral bloed gewees.

Nobangani is nog steeds getraumatiseerd deur die voorval. Sy vra glo by tye nog of die deur en venster gesluit is en sy kan ook nie onthou presies wat op daardie aaklige dag gebeur het nie.

Danksy Jeandrê en Roxanne se inisiatief het twee mense reeds selfone geskenk wat maandeliks met lugtyd voorsien sal word. Die familie het ook ’n televisiestel ontvang.

Bronne: policepicsandclips.com, facebook.com