’n Mens sou dink ’n gesin wat hul miljoene gemaak het deur voor die kameras te leef, besef daar is altyd êrens ’n lens wat jou dophou.

Maar

Een van die aand se aanbieders, die rapper Common, het ’n toespraak gelewer waarin hy die gehoor gevra het om slagoffers van die rassekonflik op die dorp Ferguson in Missouri in hul gedagtes te hou.

Geweld en onluste het die afgelope week in Ferguson uitgekring nadat ’n swart tienerseun, Michael Brown, deur die polisie doodgeskiet is. Toe Common die gehoor om ’n oomblik van stilte vra, het kameras die bekende susters gevang waar al drie op hul selfoon speel. Dit is nog onbekend of daar moontlik ’n vertraging van ’n paar sekondes op die regstreekse uitsending was en dit daarom gelyk het asof die susters op hul selfoon speel. Nietemin was Twitter aan die gons en het kritiek uit alle oorde ingestroom omdat dit blyk die susters was wel tydens die ernstige oomblik op hul selfoon doenig.

Bronne: Elite Daily, Twitter, E! Online, BuzzFeed