Dit was toe dat ’n rekening genaamd Jennifer Aniston Fans hierdie beeldskone foto op Facebook deel – ’n foto waarin die Friends-ster pragtig lyk in ’n noupassende wit trourok wat enigeen jaloers sal maak.

[caption id="attachment_107293" align="alignnone" width="400"]Bron: Facebook Bron: Facebook[/caption]

Die einste foto het soos ’n veldbrand versprei en is spoedig meer as 340 000 keer gedeel.

Dit was dus uiters betreurenswaardig toe dit uitdraai dit is glad nie Jen in die foto nie…

Die foto, wat deur dié rekening opgelaai is, was nie van ’n amptelike blad van die aktrise nie. Die foto is bloot geneem vanaf ’n webwerf wat trourokke verkoop. Die rok kos boonop net $150 (sowat R1937).

[caption id="attachment_107292" align="alignnone" width="600"]Bron: Facebook Bron: Facebook[/caption]

Ons het 'n sterk vermoede Jen se werklike trourok sou haar so bietjie meer uit die sak gejaag het.

Ten minste het dié vals foto ons twee keer laat kyk!

Bronne: E-Online, The Mirror