Nadat die storie van Kai, die gekruiste Shar-Pei wat op Ayrstasie, in die suide van Ayrshire, gelos is, koerante oor die hele wêreld bereik het, het die Skotse DBV oproepe gekry van mense van so ver as Kalifornië en Tennessee.

Die hond het ’n mikroskyfie en die DBV kon uitvind dat sy naam Kai is.

Hulle het die eienaar op wie se naam die mikroskyfie geregistreer is, opgespoor en hy het beweer dat hulle Kai in 2013 op Gumtree verkoop het. Hulle het egter ongelukkig nie die adres van die persoon wat die hond gekoop het nie.

Die dierewelsynsvereniging hoop om vir Kai ’n nuwe tuiste te kry ná ’n operasie aan sy ooglede wat ondertoe krul en veroorsaak dat sy wimpers aan sy kykers raak.

"Hy moet die operasie, wat ’n alledaagse prosedure is, ondergaan. Ons sal hom nie voor die operasie kan laat gaan nie, dus sal hy vir die volgende drie tot vier weke by ons wees,” het ’n woordvoerder van die welsynsvereniging, met sy basis in Glasgow, gesê.

Toe Kai, wat tussen twee en drie jaar oud is, gevind is, was hy aan tralies buite die stasie vasgemaak, met die tas met ’n kussing, ’n speelding, kos en ’n kosbak daarin, langs hom.

Bronne: Sky News, Buzzfeed