Ontmoet vir Wembley.

[caption id="attachment_163829" align="alignnone" width="500"]PHOTO: Twitter PHOTO: Twitter [/caption]

Hy’s te oulik vir woorde, nie waar nie?

En dít is Wembley ná ’n haarsny.

[caption id="attachment_163828" align="alignnone" width="598"]PHOTO: Twitter PHOTO: Twitter [/caption]
via GIPHY
“My ma het pas my hond vernietig en sy het letterlik gesê: ‘Hy wou dit lank bo hê.’ Ek is verpletter,” het Lindsay Martin op Twitter vertel.
Die skreeusnaakse modeflater het vinnig versprei met meer as 44 000 hertwiets. Meer as 92 000 mense het die like-knoppie geklik.
En getrou aan Twitter, is die arme hond blitsvinnig in ’n meme omskep.

Aha, ons het gedink daardie haarstyl lyk bekend!

via GIPHY
Odell, is dit jy?
Hoewel die meeste internetgebruikers die humor in die situasie gesien het, was ’n paar glad nie beïndruk nie. Maar Lindsay het darem verduidelik sy is nie kwaad nie.