Die akteur en sanger sê aan die tydskrif Closer Weekly hy en sy verloofde soek plekke vir ’n “stil” geleentheid slegs vir familie in Europa.

#Lapland ?

A post shared by Hayley Roberts (@hhayleyroberts) on
Die 64-jarige onthul die twee wil ná die intieme plegtigheid ’n weelderige partyjie hou met die sangroep Il Divo as die vermaak, maar hulle het nog nie op ’n datum besluit nie.

“Ons is nie haastig nie,” sê David aan die publikasie en onthul hy het geweet dit was tyd om die 37-jarige Hayley te vra om sy vrou te word toe hy besef het hy kan nie “kwaad bly” ná ’n rusie nie. “Ons het ‘n klein woordewisseling en ek kan nie kwaad bly nie,” voeg hy by. “Dis hoe ek weet ek is verlief.” David het sy Walliese meisie verlede jaar die jawoord gevra nadat hulle amper vyf jaar lank uitgegaan het.

“Ek het ’n sêding: ‘Jy trou nie omdat jy saam met iemand wil bly nie, jy trou want jy kan nie sonder hulle leef nie’,” het hy destyds aan die tydskrif Hello! gesê. “Ek het so gevoel. Ek het geweet ek is regtig ongelukkig sonder haar.”

My ?? ?

A post shared by Hayley Roberts (@hhayleyroberts) on

David het erken hy het die groot vraag uitgestel weens die ouderdomsverskil van 37 jaar tussen hulle, en opgemerk: “Ek het gewag om ‘n huweliksaanbod te maak want ek het gedink ek is te oud vir haar.”

Die paartjie het ontmoet terwyl David as beoordelaar vir die werklikheidskompetisie Britain's Got Talent opgetree het.

Lees ook: Goeie nuus! Die Hoff is terug en ryg net pryse in!

Hy was voorheen met die aktrises Catherine Hickland en Pamela Bach getroud. Die Knight Rider-ster het twee volwasse dogters by Pamela.

As die trouplanne verloop soos beplan, sal David en Hayley die mees onlangse glansmense word wat in Italië afhaak.

John Legend en Chrissy Teigen, George Clooney en Amal (wat nou swanger is), en Kanye West en Kim Kardashian het almal daar ewige trou aan mekaar beloof.

© Cover Media