DAAR is die noupassende jeans, die effens verslete T-hemde en die oë wat agter ontwerpersonbrille wegkruip. Jip, jy’t hier met rockers te doen. Maar nie sommige enige rockers nie.

Nee, hierdie ouens het iets groots om te vier, want hulle het onlangs die Suid-Afrikaanse musiekbedryf se rekordboeke herskryf toe hulle die eerste Afrikaanse rockgroep in die land geword het wat ’n topverkoper-album oplewer.

Die Heuwels Fantasties se jongste album, Wilder As die Wildtuin, kuier al twee weke lank boaan die top-20-lys van CD-verkope. Daarmee het hulle van die grootste name in die internasionale musiekbedryf soos Avril Lavigne, Roxette en Justin Bieber uitgestof.

Soos die veteraansanger Coenie de Villiers van hul prestasie sê: ‘‘Die feit dat dit ’n Suid-Afrikaanse groep, en boonop ’n Afrikaanse groep is, maak dit iets fantasties.’’ Hy sing hoeka op dieselfde topverkoper-album ’n duet saam met hulle.

En wat sê die manne self? Nee wat, hulle is komkommerkoel daaroor.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 28 April 2011