Suid-Afrika se voorste Afrikaanse Alternatiewe Popgroep ‘n nuwe manier ontwikkel om musiekvideos vry te stel met hul musiekvideo vir Beloofde Land.

Die musiekvideo is ‘n mengsel van ‘n lewendige vertoning en asemrowende beeldmateriaal van tien van Suid-Afrika se voorste regiseurs.

Beloofde Land leef op sy eie webwerf.

Kykers kan direk met die musiekvideo skakel met hul Twitter handles en elke keer ‘n ander weergawe van die video sien.

“Ons is baie opgewonde en dink dis iets nuuts en baie innoverend, sommer 'n wêreld eerste as dit kom by online video en hierdie tipe Twitter integrasie.  Als is moontlik gemaak deur die vernuf van die manne by die agentskap August en ons hoofregisseur Duvan du Rand.

"Die hele ding is 'n baie groot projek en sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van SIR JUICE en Blackberry nie! Big ups vir hulle!"  het Pierre Greeff, voorsanger van Die Heuwels Fantasties gesê.