Die opknapping van Brittanje se prins William en hertogin Catherine se woonstel in het R81 miljoen beloop.

Die koninklike paartjie se plan om woonstel 1A in die Kensington-paleis, wat eers aan prinses Margaret behoort het, op te knap, maak een van die grootse dele uit van koningin Elizabeth se amptelike uitgawes in die afgelope jaar.

Besteding van die koninklike toelaag het met R43,2 miljoen toegeneem tot byna R64,3 miljoen, met meer as ’n derde daarvan wat aan die instandhouding van eiendom bestee is, het die koerant The Independent berig.

En R61,2 miljoen daarvan is bestee aan die verwydering van asbes van William en Catherine se woonstel sodat dit veiliger is vir die 11 maande oue prins George.

’n Werknemer het dit so geregverdig: “Dit was ’n prioriteit. Ons het ’n agterstand en prioritiseer dinge volgens die agterstand, maar ons moet ook prioritiseer volgens die beroepsaktiwiteite van die koninklike huishouding.

“In die geval van 1A by die Kensington-paleis moes ons dit gebruik. Dit is die paartjie se enigste amptelike woning en hulle beplan om nog baie jare hier te woon.”

Die hertog en hertogin se toekomstige gesinswonings is laas in 1963 opgeknap; dit het dus ’n “aansienlike hoeveelheid werk” nodig daarom bewoonbaar te maak. In ’n jaarlikse inligtingsessie is genoem dit sluit in nuwe loodgietery en elektriese bedrading.

Maar die rekening kon veel hoër gewees het as Catherine en William nie ook iets uit eie sak betaal het nie – met ’n bietjie hulp van prins Charles.

Hulle het hand in die sak gesteek vir meubilering en uitrusting, asook ’n splinternuwe kombuis wat bykomend is tot die bestaande kombuis van sowat 32,6 m², wat deur openbare fondse gefinansier word.