Die amptelike Twitter-kanaal van Kensington-paleis het die foto gedeel waarin die paartjie ook hul feeswense oordra.

Op Instagram het hulle geskryf die koninklike familie waardeer al die boodskappe wat hulle deur die loop van die jaar ontvang het, en sien uit daarna om hul eerste Kersfees as 'n familie van vier te spandeer. Prins William en Catherine het in Mei vir die tweede keer ouers geword met die geboorte van hul dogter, Prinses Charlotte. Haar ouboet, Prins George, is twee, en begin vroeg volgende jaar met kleuterskool. Lees ook: SA man kry seldsame koninklike fotoalbum toe hy kelder skoonmaak Prins William se pa, Prins Charles, en dié se vrou, Camilla die hertogin van Cornwall, het self gister 'n pragtige Kerskaartjie- en foto uitgestuur. Die eenvoudige kaartjie wys die steeds stralende paartjie met die eenvoudige boodskap: "Wishing you a very Happy Christmas and New Year".

Lees ook: Kyk só ‘n vryery tussen ‘William’ en ‘Kate’