“Wanneer ’n mens langs haar bed staan, kan jy die gees binne-in haar aanvoel.”

Pieter sê dit gaan vanoggend beter met klein Hayley, en volgens hom is dit ’n bewys van hoe groot die Here is. Sy het deur die nag 2,5 ml gepiepie.

Daar skort ook niks met haar longe nie. Die suurstof wat sy kry, is net om die druk op die longe te verlig sodat sy “vir iets anders kan veg”, sê Pieter.

Lees ook: Albertonse ma van vroeggebore baba smeek die Here vir ‘net ’n bietjie asem’ in haar lyfie

Gisteraand het Pieter op sy Facebook-blad, A Test of Faith, geskryf Hayley se bloeddruk is stabiel en dat sy op hul aanraking reageer.

[caption id="attachment_123108" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Sy is perfek en kom niks kort nie,” het Pieter geskryf.

Hayley het haar ouers, Pieter en Nicole, verras met haar geboorte op 25 weke op 4 April. Sy het maar net 650 g geweeg by geboorte. Hoewel sy ná haar geboorte gewig verloor het, het dit gestabiliseer op 550 g.

Lees ook: ‘Wat ’n verligting!’: FW se skoondogter na byna ’n dekade se sukkel eindelik geskei

Van toe af veg Hayley elke dag. En elke dag word daar vir haar gebid.

“Haar liggaam is 100 persent; alles is reg,” het Pieter vanoggend gesê.

“Dit is net haar niertjies wat nie werk nie, want dit is baie onderontwikkeld. Dit moet net so gou moontlik begin werk.

“Al wat ons nou kan doen, is om te hoop en te bid.

“Ons hou vas aan die Here se hand. Dis al hoe ons hierdeur gaan kom.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou Blake Lively deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat