Die gloei-effek is geskep deur ’n spesifieke jellievis-proteïen in die embrio’s te plant en die embrio’s weer in die mamma-haas se baarmoeder terug te sit.

Twee van die agt hasies in die werpsel was eers donsig, sag en wit, maar in die donker het hulle ’n heldergroen skynsel gehad. Die skynsel is ’n aanduiding dat ’n nuwe tegniek van genetiese manipulering op die hase gewerk het. Dié eksperimente is deel van ’n poging om nuwe behandelings vir lewensgevaarlike siektes te ontwikkel.

Die wetenskaplikes verwag dié unieke hasies sal net so lank soos hul gewone sibbes leef. Soortgelyke eksperimente het in die verlede ook kakkerlakke en rotte opgelewer wat in die donker gloei. In November sal die eerste lammetjie wat in die donker gloei na verwagting gebore word.

Deur Shané Barnard

Bronne: theguardian.com, YouTube.com