Hy’t nog altyd gedroom van ’n spogtroue, maar die terminaalsiek man wou nie ’n hartseer weduwee agterlaat nie.

En toe besluit die onbekende man van China om met ’n lewensgrootte opblaaspop te trou.

“Hy het besluit om met ’n pop in plaas van ’n regte mens te trou sodat niemand se gevoelens moet seerkry nie,” het ’n bron aan CCTV vertel.

En die opblaaspop is op haar groot dag nes enige ander bruid behoorlik bederf, sy’t selfs ’n grimeerkunstenaar en ’n pragtige trourok gehad. In die troufoto’s staar die 28-jarige man liefdevol in sy “bruid” se oë en in nog een gee die twee vir mekaar ’n drukkie voor ’n spieël.

Dis nie die eerste keer dat ’n terminaalsiek persoon by ’n pop troos vind nie. In Mei het ’n man, ook van China, ’n lewensgrootte pop gekoop om die dogter wat hy nooit gehad het nie se rol in sy lewe te vervul.

Bronne: mirror.co.uk, telegraph.co.uk