Die Lieflinge-sanger het besluit genoeg is genoeg. Hy kan nie meer die onlangse hittegolf hanteer nie en het besluit om al sy hare af te skeer.

"Dis warm en die voorkoms is lekker koel," het hy aan Huisgenoot gesê.

"Ek het nie regtig ’n rede daarvoor nie. Ek voel meer gemaklik so," sê hy.

"Doen alles wat jy doen met styl. Wees die toonbeeld van klas. Klas is bloot die wyse waarop jy jouself dra. Wees stylvol, en jy sal stylvolle mense na jou aantrek," het hy op Facebook geskryf by ’n foto van sy nuwe voorkoms.

Moet nie net sing nie, voel dit, met al jou hart xx A photo posted by Rudi Claase (@rudi_claase) on

Rudi en sy vrou, Suzette, het onlangs afgehaak tydens ’n eiland-troue in Mauritius en dit blyk dié twee is nog behoorlik verlief.

"Vandag is ek en my pragtige vrou byna twee maande getroud. I love you more every day, my baby. Thank you for being mine," het hy op sy Facebook geskryf by foto's van die troue.

En so begin 'n nuwe hoofstuk in my lewe!

A photo posted by Rudi Claase (@rudi_claase) on

En dit blyk dis nie net op die liefdesfront dat dit goed gaan met Rudi nie; hy is ook hard aan die sweet om die perfekte lyf te kry.

"Dis weer sulke tyd! Gaan groot of gaan huis toe!" het hy op Facebook geskryf by ’n foto van hom wat opsitte doen.