Die wêreld se grootse koei is onlangs van die slagpale gered.

Dié 13-jarige koei se eienaar, Patty Hanson van die Amerikaanse deelstaat Illinois, het ontdek die reusagtige Blosom, wat meer as ’n ton weeg, is onvrugbaar. Maar gelukkig vir haar het haar baas besluit om die koei, wat 2 m in haar sokkies staan, van die slagpale te red en liewer as ’n troeteldier aan te neem.

En deesdae is Blosom glo die ster van die plaas! Sy is boonop so gewild onder die gemeenskap dat sy selfs met haar eie Facebook-blad spog.

“Blosom is die trots van ons plaas. My gaste is mal daaroor om by ons te kom kuier, en sy is lief vir mense,” vertel Patty.

Kyk hier na die lywige, vriendelike Blosom:

- Janine Nel