Dit was die moeilikste besluit van sy lewe om vir die dokters te sê hulle moet die masjiene afskakel wat sy pasgebore baba aan die lewe hou.

Sekoati Tsubane (30), beter bekend as die joviale Kabelo in 7de laan, gesels met ons in die nuutste uitgawe van Huisgenoot oor die seun wat hy slegs vir drie dae gehad het.

Klein Zenawe is drie maande te vroeg gebore. Net twee dae nadat Sekoati en Zoleka Mandelan (31) die wêreld vertel het hulle het ’n seun ryker geword, is hy oorlede.

Dit is die tweede tragedie wat dié familie binne ’n jaar tref. Zoleka se oudste kind, die 13-jarige Zenani, het verlede jaar ná die openingskonsert van die Wêreldbekersokkertoernooi verongeluk toe die motor waarin sy op die agtersitplek geslaap het, in ’n ongeluk betrokke was.

Lees meer in die Huisgenoot van 7 Julie 2011. 

Volg Huisgenoot op Twitter.