Die 71ste jaarlikse Golden Globe-prysuitdeling het gister in die Beverly Hilton-hotel in Los Angeles plaasgevind. Hier is van die hoogtepunte van die aand. Soos op enige groot Hollywood-partytjie saam met die sterre, was daar snaakse oomblikke, mooi mense, pragtige rokke en ’n tikkie skandaligheid. Hier is hoekom jy vanaand gerus kan inskakel vir die heruitsending om 20:30 op M-Net.

Die glipsie . . .  

E! Entertainment het met die idee vorendag gekom om tydens die rooitapyt-deel van die Golden Globes pretfeite op ’n skerm te vertoon. Een daarvan was dat Parkinson-siekte in 1991 by die akteur Michael J. Fox gediagnoseer is.

Dit het amper dadelik op Twitter gegons oor die onsensitiewe aard daarvan om na sy verlammende siekte as ’n pretfeit te verwys. Hulle het die akteur en lyers aan die siekte verskoning gevra vir hul ongevoelige optrede.

Die selfies . . .

Enige tyd is ’n goeie tyd vir selfies. Van die sterre wat selfies gekiek het terwyl hulle op die groot aand voorberei of op die rooi tapyt verskyn, is die Modern Family-medesterre Sarah Hyland en Ty Burrell en P. Diddy.

[caption id="attachment_64092" align="aligncenter" width="450"]“Vir die volgende uur gee ek ’n les oor hoe om reg te maak vir die Golden Globes. Hierdie is komkommer-plakkers van Milaan af. Ek weet dit lyk simpel, maar niemand het gesê dis maklik om perfek te wees nie #diddyglobes," het Diddy op Instagram gesê. “Vir die volgende uur gee ek ’n les oor hoe om reg te maak vir die Golden Globes. Hierdie is komkommer-plakkers van Milaan af. Ek weet dit lyk simpel, maar niemand het gesê dis maklik om perfek te wees nie #diddyglobes," het Diddy op Instagram gesê.[/caption]

Die snaaksighede . . .

Waar die aktrises Tina Fey en Amy Poehler ook al is, kan jy maar weet daar sal vuil grappies en wrede waarhede opduik. Die twee het die geleentheid die tweede jaar aangebied en weer bekoor.

Beste aanhaling:

Oor George Clooney se hoofrol in Gravity teenoor Sandra Bullock: “Clooney wou liewer wegdryf en doodgaan as om nog ’n oomblik met ’n vrou van sy eie ouderdom deur te bring.”

Jennifer Lawrence . . .

Sy is die liefling van die bedryf en kry sommer haar eie kategorie. Maar sy het ook onvergeetlike oomblikke beleef.

Haar modeblaps het skreeusnaakse kommentaar op die internet ontlok. Baie mense het gesê haar Dior-rok het gelyk na ’n wit duvet met twee swart bande om die middel. Die sangeres Lana Del Rey se vriende het foto’s na haar gestuur waarop hulle soos Jlaw aangetrek is.

Sy het Taylor Swift gefotobom. Óf dit, óf sy was op die punt om die sangeres aan te val.

Sy het gewen. Al weer. Dié keer vir beste vroulike byspeler vir haar rol as die Rosalyn Rosenfeld in American Hustle.

Die Suid-Afrikaanse verbintenis . . .

U2 het die prys vir beste oorspronklike liedjie gekry vir Ordinary Love uit Mandela: Long Walk to Freedom.

Sterre deel hul agter-die-skerms oomblikke voor en tydens die Golden Globe-prystuitdeling

[post-slider]

Die wenners

Beste dramarolprent

12 Years a Slave

Beste akteur in ’n dramarolprent

Matthew McConaughey - Dallas Buyers Club

Beste aktrise in ’n dramarolprent

Cate Blanchett - Blue Jasmine

Beste musiek- of komedierolprent

American Hustle

Beste akteur in ’n musiek- of komedierolprent

Leonardo Dicaprio - Wolf of Wall Street

Beste aktrise in ’n musiek- of komedierolprent

Amy Adams - American Hustle

Beste vroulike byspeler in ’n rolprent

Jennifer Lawrence - American Hustle

Beste manlike byspeler in ’n rolprent

Jared Leto - Dallas Buyers Club

Beste rolprentregisseur

Alfonso Cuaron - Gravity

Beste rolprentdraaiboek  

Spike Jonze - Her

Beste oorspronklike rolprentmusiek

All Is Lost - Alex Ebert

Beste oorspronklike rolprentlied

Ordinary Love - Mandela

Beste buitelandse rolprent

The Great Beauty (Italië)

Beste animasierolprent

Frozen

Cecil B. DeMille-prys

Woody Allen

Beste TV-dramareeks

Breaking Bad

Beste aktrise in ’n TV-dramareeks

Robin Wright - House of Cards

Beste akteur in ’n TV-dramareeks

Bryan Cranston - Breaking Bad

Beste TV-komediereeks

Brooklyn Nine-Nine

Beste akteur in ’n TV-komediereeks

Andy Samberg - Brooklyn Nine-Nine

Beste aktrise in ’n TV-komediereeks

Amy Poehler - Parks and Recreation

Beste TV-minireeks of -rolprent

Behind the Candelabra

Beste akteur in ’n TV-minireeks of -rolprent

Michael Douglas - Behind the Candelabra

Beste aktrise in ’n TV-minireeks of -rolprent

Elisabeth Moss - Top of the Lake

Beste vroulike byspele in ’n TV-reeks, -minireeks of -rolprent

Jacqueline Bisset - Dancing on the Edge

Beste manlike byspeler in ’n TV-reeks, -minireeks of -rolprent

Jon Voight - Ray Donovan

Gilda Narsimdas