Die Koreaanse sangsensasie Psy het gesorg vir die gewildste musiekvideo van 2013; sy liedjie Gentleman is al amper 600 miljoen keer op YouTube gekyk, berig time.com.

Psy kan dié eer by nog ’n YouTube-rekord las: Sy wegholtreffer Gangnam Style is sedert Julie verlede jaar al 1,85 biljoen keer gekyk en bly die gewildste video van alle tye op dié webtuiste.

Volgens ’n ranglys opgestel deur YouTube, beklee Miley Cyrus die tweede en derde plek: Haar liedjies Wrecking Ball en We Can’t Stop is vanjaar onderskeidelik amper 400 miljoen en sowat 305 miljoen keer gekyk.

Die top-10 gewildste musiekvideo’s van 2013 is:

Psy – Gentleman

Miley Cyrus – Wrecking Ball

Miley Cyrus – We Can’t Stop

Katy Perry – Roar

Pink – Just Give Me A Reason

Robin Thicke – Blurred Lines

Rihanna – Stay

Naughty Boy – La La La

Selena Gomez – Come & Get It

Avicii – Wake Me Up 

– Christiaan Boonzaier