Ons kan nie ophou kyk na hierdie video (wat agteruit speel) van ’n man wat tamaties sny nie.

Op die eenvoudige, maar fassinerende, video “onsny” die Litause videograaf Linas Lakavicius tamaties terwyl musiek in die agtergrond speel.

Die video is onverwags terapeuties, want die kombinasie van die beeld en die klank is ontwerp om ’n outonoom sensoriese meridiaanrespons (ASMR) of “breinorgasme” te veroorsaak.

Blykbaar is een van die snellers van ASMR om te kyk hoe iemand ’n herhalende taak uitvoer en laat dit jou uiters ontspanne voel.

Lees ook: Hier’s hoe jy meer yster by jou dieet kan voeg

“Ek moet vir die middeltermyn (eksamen) leer, maar ek kyk eerder ’n ou wat tamaties agteruit sny . . . “ het ’n gebruiker gesê by die plasing wat al meer as 370 000 keer gedeel is.

“Onspannend. Dit herinner my ek moet meer mediteer. Ek dink te veel. My kop babbel nonsens,” was iemand anders se kommentaar.

Kyk die boeiende video hier onder:

Bronne: youtube.com, telegraph.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Die storie agter dié foto sal jou hart breek

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

Derick se roerende brief aan Joost