Bradley Cooper se eerste kind is ’n babadogter en sy heet Lea, word berig.

Die American Hustle-ster (42) en sy meisie, die supermodel Irina Shayk (31), het Sondag die hoofopskrifte gehaal toe dit bekend word die uiters privaat paartjie het vroeër vandeesmaand hul eerste kind verwelkom.

[caption id="attachment_168250" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Nou het ’n bron die baba se geslag en naam met E! News gedeel en verklap Bradley en Irina is die trotse ouers van ’n dogter genaamd Lea de Seine Shayk Cooper.

“Hulle is albei verheug en voel baie geseënd,” sê die ingeligte.

Verteenwoordigers vir die twee het nog nie oor die nuwe aankomeling kommentaar gelewer nie, maar die gesinnetjie is glo oor die naweek langs Venice Beach in Kalifornië gesien stap.

Bradley en Irina het by die roomyswinkel Jeni’s ’n soetdingetjie gekoop.

Die nuwe pa en dogter is nog nie afgeneem nie, maar Irina is die eerste keer buite gekiek sedert die nuus van die baba bekend geword het.

Op die foto’s dra die Russiese skoonheid ’n swart langmoutop en bypassende langbroek met ’n donkerbril en swart handsak daarby en ’n smaragring aan haar linkerringvinger.

Die ring is die eerste keer gesien toe Irina in Desember in Los Angeles inkopies doen.

Dit het gerugte van ’n verlowing laat ontstaan, maar nie sy of Bradley het ’n woord gerep nie – selfs nie in die weke nadat die supermodel by die Victoria’s Secret-modevertoning in Parys, Frankryk, met ’n babamagie gewaar is nie.

Die paartjie is al twee jaar saam en het vroeg verlede jaar bekendgemaak hulle het ’n verhouding.

© Cover Media