Dié gevorderde uitvindsel bestaan uit ’n spesiale boekoortreksel wat oor die boek geglip word en ’n harnas wat die leser aantrek, berig The Telegraph.

Drie studente aan Massachusetts se Instituut van Tegnologie in Cambridge het die projek “Sensory Fiction” gedoop en sê dit gaan oor “nuwe maniere om stories te skep en beleef.

“Normaalweg veroorsaak fiksie emosies en meegevoel deur woorde en beelde. Deur ’n netwerk sensors te gebruik, kan die Sensory Fiction op nuwe maniere die intrige, atmosfeer en emosie deurgee terwyl dit steeds ruimte laat vir die leser se verbeelding.”

Die oortreksel gebruik ’n reeks sensors om te bepaal op watter bladsy die leser is en wat die hoofkarakter in die boek se gemoed is. Dit veroorsaak dan vibrasies in die harnas wat jou hartklop versnel en trek ook stywer om jou lyf deur lugsakke én verstel boonop jou veltemperatuur na warmer of kouer.

Die boekoortreksel het ook 150 LED-liggies wat helderder en dowwer raak om atmosfeer te skep.

Die projek is geïnspireer deur die wetenskapsfiksie-novelle The Girl Who Was Plugged In deur James Tiptree jr. omdat dié boek “’n wye reeks ongelooflike emosies en omgewings insluit”.

Bron: The Telegraph