Daar’s nog steeds die swierige trourokke en sjarmante bruidegomme asook verliefde paartjies te bespeur, maar dis wat hy met sy onderwerpe aanvang wat jou asem gaan wegslaan. Ekkachai omskep die alledaagse in die onmoontlike, danksy sy eie kreatiewe aanslag en natuurlik die gewillligheid van paartjies om saam te speel met wat hy ookal mag beplan. Volgens Bored Panda beteken sy fotografiebesigheid letterlik “Klein mens” en dit maak geheel en al sin. Die “normale” foto’s word fyn beplan. Wanneer dit afgehandel is, sny hy die paartjies uit die oorspronklike foto’s en plaas dit in ’n miniatuur-omgewing. Die tegniek wat hy gebruik, staan bekend as “tilt-shift”-fotografie.

Kyk hoe vrolik waai die bruid vir daardie imposante Transformer in die agtergrond.
Dis belangrik dat die paartjie deel van die kreatiewe proses moet wees. Hoe anders gaan die tor die bruidegom wegvoer?

Oeps, daardie ring gaan dalk ’n bietjie té groot vir die bruid se ringvinger wees!

Daardie pienk Volksie maak hierdie foto net soveel vroliker.

Gaan die arme man ooit sy meisie inhaal?

Dié toneel lyk soos iets uit ’n feëverhaal.

Gaan dié twee se wens waar word?

Sou dit die begin van hul vaart op hul huweliksbootjie wees?

Ekkachai het op sy Facebookblad dié foto’s gedeel om te wys hoe hy sy miniatuur-meesterstukke skep.

Hier is nog ’n paar van die kreatiewe fotograaf se werke.

In 2013 het Zev Hoover, toe 14 jaar oud, ook die internet laat gons met sy miniatuur-troufoto’s.