Ons weet almal Suid-Afrika is een van die mooiste plekke op aarde, maar dis besonders om dit uit die ruimte te sien.

Die ruimtevaarder Tim Peake het hierdie ongelooflike foto van die Internasionale Ruimtestasie (IRS) af gedeel.

Dié Brit woon en werk die afgelope ses maande – van Desember 2015 af – op die IRS.

Tim het ’n ster op sosiale media geword deur pragtige foto’s soos hierdie een op Facebook en Twitter te deel. En baie van die byskrifte weerspieël sy droë humorsin.

By die blik op ons land het hy geskryf: “Lieflike verbygaan by Suid-Afrika gister – steeds verwonderd dat Eddie Izzard 27 marathons oor daardie strook land gehardloop het #southafrica #marathon.”

I was looking for Antarctica - hard to spot from our orbit. Settled for a moonset instead. #moon

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Tim, self ’n kranige landloper, het verwys na die Britse komediant se uitdaging aan homself om 27 marathons binne 27 dae af te lê. Eddie het verlede maand die eindstreep in Pretoria oorgesteek.

Psst...so gepraat van die ruimte

Het jy al jou kaartjies bespreek vir Gateway to Space: Die uitstalling? Gaan loer hier vir ’n agter-die-skerms-kykie en bespreek vandag nog jou kaarjie by Computicket.

GTS colour on black HG

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dié honde lek (letterlik) hul lippe af vir . . . grondboontjiebotter!

Eerste foto’s: Só lyk Sorina en Braambos se Miana!

Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe