F DIT nou ou mense, smart mense of kômmin mense is: almal laaik haar en wil die Flooze se tjommie wees.

Maar van almal is Paula haar heel beste tjomma! Sy het dan selfs nou die dag in Hillside vir San-Marie ’n opstopper gegee omdat dié moeilikheid gemaak het vir 7de Laan se loskop-joernalis. En ja, sy is selfs bereid om Flossie, haar geliefde motorbike, vir haar tjommie Paula te verkoop. Ja my bra, hulle is dík tjomma’s!

Die aktrise Sorina Erasmus wat dié super-gewilde karakter in 7de Laan vertolk, kruis haar vingers om te wys presies hoe dik die vriendskap tussen hulle nou eintlik loop.

Net nou die aand met haar Hoezit My Tjomma-vertoning in Pretoria moes Sorina weer sluk aan die knop in haar keel toe sy besef hoe gewild die 7de Laan biker-chick werklik is, vertel die aktrise en sangeres.

Voor die verhoog het ’n meisietjie in ’n wit rokkie met ’n blom in die hare gesit. En as die Flooze haar hare agter haar oor indruk, maak die kind ook so. Sy het letterlik aan elke woord gehang.

Toe Sorina in die Flooze karakter glip en vertel hoe sy op skool sonder tjommas was, was die gehoor tjoepstil. “Ek het vertel hoe die Flooze ’n girl dik getik het omdat sy nie met haar wou tjommas wees nie, want sy kom van die ander kant van die spoorlyn en nie van Witbank-Oos af nie.”

En net daar, toe Sorina asem skep vir die volgende sin, skiet die kind se hand in die lug en sy sê: “Ek sal jou tjomma wees. Jy kan my tjommie wees.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 24 Junie 2010

Op die internet

www.sorina.co.za

Facebook-blad