Hy is die ster van die nuwe 50 Shades of Buchemi, die parodie-lokprent van die rolprent.

Die greep begin, soos met al die 50 Shades, waar Dakota Johnson as Anastasia die pragtige kantoor van die 27-jarige Christian Grey binnestap, maar oombliklik vervang die stem van die 57-jarige ster van die Boardwalk Empire dié van die oorspronklike biljoenêr wat so lief is vir sadomasochisme.

Die hele video bevat filmgrepe uit Boardwalk Empire, Fargo en Mr. Deeds, met Buschemi daarin.

In almal van hulle word die tonele waarin Christian Grey veronderstel is om te verskyn, strategies vervang.

50 Shades of Grey, die langverwagte rolprent, sal op 13 Februarie in teaters begin draai – ongelukkig sonder Buschemi.