Die lokprent vir die fliekweergawe van Fifty Shades of Grey is eindelik bekendgestel. Aanhangers kan nou hul eerste kykie kry van Jamie Dornan as Christian Grey en Dakota Johnson as Anastasia Steele.

En die fliek beloof om stomend sexy te wees. Dakota het in ’n onderhoud met die TV-program TODAY verklap sy wil nie hê haar ouers, Melanie Griffith en Don Johnson, moet haar in dié fliek sien nie.

“En as dit hulle was wat die rolle vertolk het, sou ek ook beslis nie die fliek wou sien nie!” sê sy.

Kyk die lokprent hier: