In ’n jaarlikse meningspeiling op die tydskrif se webtuiste, time.com, het 2 000 mense gestem oor watter woorde hulle vanjaar die meeste geïrriteer het; “twerk” is as die wenner (of is dit verloorder?) aangewys in die kompetisie getiteld: Wat Jy Nooit Weer Wil Hoor Nie.

Vanjaar se naaswenner is “hashtag”, die teken wat vooraan twiets op Twitter gebruik word, en daarna is dit “selfie” en “swagger”.

Van die ander woorde wat as die irriterendste beskryf is, is “presh” en “lolz”, en die frases “epic fail” en “awesome sauce”.

– Christiaan Boonzaier.