Sy vier vanjaar haar 10de jaar in 7de Laan. En vir byna elkeen van daardie jare het Bertha le Roux (36) se naïewe karakter, Emma, ’n mislukte verhouding gehad.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels ons met Bertha oor Emma se verhoudings en die manne wat haar karakter se hart al gebreek het.

“Ek dink al die stukkende verhoudings in Emma se verlede het van haar ’n meer volwasse vrou gemaak. Sy het altyd op mans staatgemaak om haar te red, maar dié keer was sy sterk genoeg om haarself te red,” sê Bertha.

Bertha gesels ook met ons oor haar pa se dood en haar pragtige twee dogters.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.