Dink jou in: ’n toekoms waarin jy nie stoei met jou kind dat hulle stilsit vir ’n inspuiting nie.

Volgens ’n nuwe studie kan ’n vrees vir naalde iets van die verlede wees as gevolg van die ontwikkeling van ’n slim, nuwe, pynlose inspuiting.

Navorsers aan die Universiteit van Saskatchewan in Kanada het bevind dat ’n toestel wat druk en vibrasie voor die inspuiting op die vel toepas, die pyn van ’n inspuiting merkbaar kan verminder, aangesien die vibrasies en druk die “hek” sluit waardeur die pynimpulse na die brein beweeg.

Die navorsing is steeds in ’n ontwikkelingsfase, en verdere studies is nodig om te bepaal of dit ook op kinders werk, maar navorsers is vol selfvertroue dat hul bevindings die einde van tranerige besoeke aan die dokter kan beteken.

So help verlig jy jou kind se vrees vir naalde:

  • Trek jou kind se aandag af met ’n speelding, of praat met hulle of trek snaakse gesigte.

  • Sê hulle moet hul oë toemaak en wegkyk, en vra die dokter om hulle nie te sê wanneer die inspuiting toegedien sal word nie. Dikwels is die afwagting erger as die inspuiting self.

  • Vra die dokter of verdowingsroom beskikbaar is. Dokters het dikwels rome wat die pyn verminder waar die inspuiting toegedien moet word.

  • Moenie vir hulle jok nie. Wees eerlik as jou kind vra of hulle ’n inspuiting gaan kry. Anders voel hulle dalk verraai en vertrou die dokter en naalde nog meer.

  • Moet hulle ook nie te lank voor die tyd van die afspraak en inspuiting vertel nie. Dit sal dalk veroorsaak dat hulle vrees vir die dreigende afspraak opbou.

  • Laat die kenners die voortou neem: Jou kind gooi dalk net ’n vloermoer oor die reaksie wat hulle by jou kry. As dit die geval is, kan jy net die vertrek verlaat en laat ’n verpleegster dit hanteer.

  • Wees simpatiek en prys goeie gedrag: Vryf die geaffekteerde deel en vertel jou kind jy is trots op hulle omdat hulle so dapper is.

Bronne: Eurekalert, aboutkidshealth.ca, parents.com