Victoria's Secret-engel Behati Prinsloo en Maroon 5-sanger Adam Levine se klein Dusty Rose het Woensdag haar opwagting gemaak, een dag na haar verwagte aankomsdatum. Die glanspaartjie het onlangs die eerste foto van die nuweling in hul lewe op Instagram gedeel. Behati (27) het by die foto geskryf: "Woorde kan Dusty Rose Levine nie beskryf nie."

Adam was in die kraamsaal en het Behati se hande vasgehou. 'n Bron ná aan die paartjie sê die nuwe ouers het in trane uitgebars toe Dusty Rose haar opwagting gemaak het. En natuurlik begin die vergelyking sommer van dag een af. "Sy is pragtig. Sy lyk nes Behati," word berig.

"Beide is sprakeloos oor hoe dit voel om nuwe ouers te wees. Dusty is gesond, dierbaar en 'n gelukkige babatjie," se die bron.

Adam het onlags verskeie konserte vir eers opsy geskuif sodat hy aan Behati se sy kon wees tot waar Dusty Rose gebore is.

Die paartjie het twee jaar lank uitgegaan voorat hulle in 2014 in die huwelik getree het.

© Cover Media