Sjokolade word gewoonlik geassosieer met ’n bloosplesiertjie. Maar navorsers stel voor dat donkersjokolade eintlik vetsug kan voorkom.

Die Daily Mail het onlangs berig dat ’n studie in die Journal of Agricultural and Food Chemistry getoon het dat ’n anti-oksidant in kakao gewigstoename in muise kan voorkom. Dit het ook hul bloedsuikervlakke verlaag. Donkersjokolade bevat ’n hoër konsentrasie kakaosaad as melksjokolade.

Tog waarsku die dieetkundige Nicole Sacks dit is gevaarlik om te sê dat donkersjokolade vetsug en tipe-2-diabetes kan voorkom, want dit bevat steeds suiker en vet, en die oormatige inname daarvan gewigstoename veroorsaak.

“Donkersjokolade bevat wel anti-oksidante, wat dit ’n gesonder opsie as wit- of gewone sjokolade maak,” sê sy. “My pasiënte kan twee blokkies donkersjokolade per dag eet, maar dis al. Dit is ook taamlik ryk; jy gaan dus minder wil eet, en dit stil wel die lus vir sjokolade.”

Van die ander berigte voordele van donkersjokolade sluit die volgende in:

  • Dit kan bloedsuikervlakke help beheer.
  • Dit kan bloedvloei het verbeter en kan ook die vorming van bloedklonte  help voorkom.
  • Dit help die risiko vir tandbederf verlaag, maar jy moet jou tande steeds versorg.
  • Dit bevat yster, wat ’n ystertekort help beveg.
  • Dit stimuleer chemikalieë in die brein wat jou gelukkig maak, wat beteken dat sjokolade jou bui kan verbeter.

- Katlego Mkhwanazi

Bronne: fitday.com, scientificamerican.com, rd.com, articles.mercola.com